Pages 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12- Click on a Article or Advert Below- to View.....

 

 

Wesvalia-netbal 'n suksesverhaal 

Hoërskool Wesvalia se netbal het vanjaar, soos elke jaar, behoorlik geblom. Die verskeie spanne het puik presteer en spesifiek ook die o/14 A's. Hierdie span het  26 Julie aan die Noordvaal dag deelgeneem waar hulle twee van hulle vier wedstryde gewen het. Verder is Rizanne Heppell nie net in die o/16 A Noordwes span opgeneem nie, maar is word ook aangewys as die kaptein van hierdie span. 

Wesvalia se hokkie-bokkies 

Hoërskool Wesvalia se hokkiespanne het vanjaar gewys hoe dinge gedoen word.

Vier van hul spanne het deur gedring na die Noordwes uitspele waar die Wessies regtig goed gevaar het.

Verder het hierdie spelers ook naam gemaak tydens die afgelope vakansie waar Danielle Viljoen gekies is as die kaptein van die Noordwes o/18 A span vir die Interprovinsiale byeenkoms wat plaasgevind het te Pretoria/Tswane.  Kalinka Hechter is ook by dieselfde toernooi deur die Noordwesspan aangewys as die speler van die Toernooi.

Chandré van Niekerk het ook die vakansie 'n baie suksesvolle o/16 A Noordwes toernooi in Pietermaritzburg gehad. 

Wesvalia se rugbymanne is tops! 

Al die harde werk wat vanjaar in Wesvalia se rugby gesit is, het definitief hope goeie vrugte afgewerp. 

Elf van die Wessies se rugbymanne is gekies vir die Bokkie-week waar hulle vanaf 1-4 Julie te Naboomspruit gespeel het.  Die spelers is D.W. Reynecke, Ryno Goosen, Du Toit Niemand, Riandré Vermaak, Christopher Swart, Christo Krause, Reon Buck, Frikkie van Rensburg, Edmund Hilder, Jean Louw en Mauritz Nienaber.

D.W. Reynecke is dan verder ook in die SA Bokkiespan opgeneem. Hierdie span toer in September na Argentinië waar hulle verskeie wedstryde teen provinsiale en uitnodigingspanne gaan speel.

D.W. Reynecke en De Markhoff Fouché is dan verder ook gekies vir die Luiperd o/19 Amateurspan. Hulle het  26 Julie teen die Leeus gespeel en met 'n puntetelling van 21-13 gewen.

De Markhoff Fouché en Sean Silver is ook vanjaar vir die o/19 Stedelike Noordwes span gekies. De Markhoff Fouché het ook die afgelope vakansie in die o/18 Cravenweek span gespeel.

SA Olympics Team off to China! 

The 2008 Olympic Games will take place in Beijing, China from the 8th - 25th August 2008 and South Africa's Olympic team departed on 27 July for the 2008 Games with encouraging words from Deputy President Phumzile Mlambo-Ngcuka.  

Team SA is made up of 131 athletes who will represent South Africa in 19 sporting codes at the Beijing Games. Among the star athletes is swimming sensation Natalie Du Toit who will represent South Africa in both able-bodied and Paralympic events.

Speaking at a farewell banquet held in Johannesburg on 26 July, Mlambo-Ngcuka wished the athletes well and said that their performances at the Games would help unite a sport-loving South Africa. 

"You are heroes and heroines to the many South Africans who will be glued to the television screens in townships, suburbs, rural areas, taxi ranks, school-halls, and various workplaces," she said.

She also praised the selection of Du Toit into the team saying, "Natalie Du Toit, like Oscar Pistorius, continues to demonstrate what the human spirit can accomplish and achieve if it is set on a right course." 

The South African Olympic Team departed on Sunday for South Korea where they will acclimatise ahead of the Games. The Games are expected to attract an estimated worldwide television audience of more than 3 billion people. South African's will be able to catch selected daily screenings on SABC or full coverage on DSTV's Supersport.

The Olympic Games official website can be found at http://en.beijing2008.cn. - www.sagoodnews.co.za

Back to Top