|
|
||
|
Pages 1 2 3 4 5 6 7 8 - Click on a Article or Advert Below- to View.....
|
||
|
|
||
|
Joe F gaan Klerksdorp weer laat warm klop op 16 Augustus by Cactus Jack. Met ʼn naam so opvallend soos sy lirieke, is Joe F alweer besig om musiek te maak wat Suid-Afrikaners gaande het. Hierdie keer gee hy woema aan die rock-węreld met sy splinternuwe album, Rock My Węreld, en die treffersnitte Hoe Voel Jy Oor My?, Goeienaand Majoor en Verdrink. Met ʼn naam wat gehore leer ken en voor lief geraak het, is Joe F reeds twee stappe voor die kompetisie met sy nuutste album. Getoë in Pretoria, Joe F is ʼn gevestigde en welbekende Suid-Afrikaanse kunstenaar. Sy gawe om sy gehoor te lees is wat gelei het tot sy reputasie as ʼn man wat weet hoe om musiek te maak. Eerstens ʼn liedjieskrywer, vertel Joe dat hy 14 van die 15 liedjies op die album Rock My Węreld self geskryf het. Hy kry sy inspirasie van die alledaagse lewe en sę dat dit nie vir hom daaroor gaan om liedjies oor die liefde te sing nie. “Ek's baie bly dat ek doen wat ek regtig wil ek sing liedjies oor dinge wat nou saakmaak, dinge wat ons almal affekteer. Ek moes mooi kyk na presies wat ek wou sę met hierdie album en vir my is dit die belangrikste dat ek glo in die projek en dat hierdie CD iets is waarna ek sal luister in die kar en elke liedjie daarop geniet.”Joe se energieke persoonlikheid en onvermybare sjarme is sonder twyfel een van die grootste trek pleisters van sy vertonings. Gehore geniet sy plat-op-die-aarde houding en rock graag op sy lekker liedjies. Dis vir Joe belangrik dat mense moet weet dat sy musiek as oorspronklik geklassifiseer kan word. “Ons maak musiek in Afrikaans, wat nie noodwendig dieselfde ding is as 'Afrikaanse musiek' nie,” sę hy en voeg by, “Die Afrikaanse mark is so versadig, ons wil dus iets doen wat ʼn bietjie anders is. En ek is verseker nie net nog ʼn ou met ʼn kitaar nie; ons het genoeg van hulle.”Die nuwe album Rock My Węreld is 70% Afrikaans en 30% Engels, maar belangrikste van als dis 100% Suid-Afrikaanse rock! Cactus Jack en Yourcity het kaartjies om weg te gee vir twee gelukkige paartjies. Skakel Antoinette op 078 0201 775 en beantwoord 'n baie maklike vraag. |
||