Pages 1 2 3 4 5 6 7 8 - Click on a Article or Advert Below- to View.....

 

 

KHS BEKROON VIR 8 LIGASPANNE! 

Met die jaarlikse KOSH Netbal Bekroningsfunksie op 7 Augustus het die Netbal van KHS uitgestaan. 

In die 2008 seisoen was daar 13 ingeskrewe ligas.  Uit die ligas het KHS as volg presteer:   

Wenners - O/14C, O/15A, O/15B, O/15C, O/17, O/19A, O/19C, O/19D dit wil sê 8 wenners uit die 13 ligas!  Naaswenners - O/16A.   Volgens Me. Merinda du Preez, organiseerder, is hulle baie trots op hul dogters, wat altyd so positief en getrou teenoor hul sport optree. 

KHS het voorts die prestasie behaal deur vanjaar die enigste skool in Klerksdorp te wees wat twee spanne by die Noordvaal-dag gehad het, naamlik die O/14 - en O/15-spanne. 

Wesvalia Netbal 

Die o/14 A's, o/14 B's, o/16 B's en die O/19 B's netbal spanne van Wesvalia word almal aangewys as Liga-wenners. Die o/15 A's, O/15 C's en o/19 D's word aangewys as naaswenners.  Lénise Pretorius (o/14 A kaptein), Maudene Pieterse (o/14 B kaptein), Carike Brits (o/15 A kaptein), Melandri Horn (o/15 C kaptein), Chrizanne Botes (o/16 B kaptein) en Claudine Taylor (o/19 D kaptein)

Wessies vier 40-DAYS 

Hoërskool Wesvalia se matrikulante het besluit om anders as die vorige jaar se matrikulante hul 40-DAYS eerder by die skool te vier as om na 'n plek weg van die skool te gaan. Hulle wou graag saam mekaar en die onderwysers kuier, daar waar hulle vir die afgelope vier en 'n half jaar pouses saam gekuier het. 

Dit was volgens die Wessies 'n lekker dag van braai, speel en kuier wat hulle altyd sal koester.

Back to Top