|
Pages
1 2
3 4
5 6
7
8 - Click on a Article or Advert Below-
to View.....
|
||
|
|
||
|
KHS het Saterdag sy opponente 'n behoorlike krieketles geleer toe die Eerste Span in 'n 50-beurt wedstryd 419 lopies vir 3 paaltjies geslaan het en uiteindelik met 272 lopies gewen het. KHS se lopies teen Wesvalia kom van die kolwe van Jacques Matthee (129) Wian Lubbe (101), Rhyno van der Westhuizen (83) en CJ Ferreira (42 n.u.n. van 20 balle). Hulle kolf die hele Wesvalia-sapn uit vir 147. Kaptein Dirk van Staden (3 vir 29 in 7 beurte) was die top-bouler. Hy is een van slegs 2 matrieks in die span. Ook die O/15's het Wesvalia uit 87 lopies uitgehaal en met 5 paaltjies geloop. Die beste boulers was Herman Smith (3 paaltjies vir 25 in 7 beurte) en Justin Kotze (3 vir 29 in 10). Ryno Pienaar (37 n.u.n. en Theuns Bruce-Smith (32) is die beste kolwers. Hoërskool Wesvalia se leerders het 22 Augustus, Orgaanskenkings maand geondersteun. Die Wessies het baie om voor dankbaar te wees aangesien een van hulle leerders, Trevor Gird, vanjaar geseën is met 'n tweede kans in die lewe nadat hy onlangs 'n nuwe hart ontvang het. Die Wessies het hulle dankbaarheid getoon deur om in die vorm van 'n strik op die rugby-veld gestaan. Hoërskool Wesvalia se redenaars het ... aan die Interskoolse redenaarskompetisie deelgeneem en briljant gevaar. In die junior afdeling vir dogters ontvang Andri Cronjé eerste plek en by die seuns afdeling ontvang Hannes Kruger ook 'n eerste plek. By die senior afdeling vir dogters ontvang Carien Labuschagné 'n eerste plek en Jolundi du Plessis 'n derde plek. Stephan de Villiers ontvang 'n derde plek in die senior seuns afdeling. KHS se Eerste Coke-rugbyspan spog nou met twee agtereenvolgende oorwinnings: eers teen Wesvalia op 8 Augustus toe hulle 20-8 gewen het en op Vrydag 15 Augustus reken hulle af met Volkies met 'n skitterende 33-4. Die groot drie-drukkers vir KHS is Edmund Petersen wat twee keer teen Wesvalia gedruk het en Vrydag nog 'n drie teen Volkies aangeteken het. KHS se ander punte in die Volkies-wedstryd is deur Pieter Joubert wat 'n skitterende driekuns behaal met drie drieë. Die vyfde drie is deur Johan Meyer gedruk. Johndré Denner slaag met vier doelskoppe. Die wedstryd het puik hardlooprugby opgelewer en was besonder aanskoulik. Die Coke Light span van KHS het verlede week met Orkney afgereken met 27-9 en 22 Augustus gewen teen Stilfontein met 24-7. Anri Snyman, graad 11-leerder van Hoërskool Klerksdorp het aan die Suid-Afrikaanse Rekenaarstudie Olimpiade deelgeneem en onder die top 40 in die land geëindig. Slegs vyf leerders in die Noordwes-provinsie kon die prestasie behaal. Anri is die enigste Klerksdorper onder die veertig. |
||