|
|
||
|
Pages 1 2 3 4 5 6 7 8 - Click on a Article or Advert Below- to View.....
|
||
|
|
||
|
“BLY! Bou Suid-Afrika“ Dit is die woorde wat op die bord naby Lofdal op die N12, wat deur Johan Ferreira en 'n klomp van sy vriende opgesit is, te sien is. Hierdie is nie sommer net woorde nie, in die kort sinnetjie lê daar heelwat voordelige betekenisse vir Klerksdorp en die land. Die bord het sy opkoms te danke aan 'n kuieraksie wat op Ferreira se plaas gehou was. Hy en sy vriende het oor die positiewe en negatiewe eienskappe van die land gepraat en tot die gevolgtrekking gekom dat die positiewe veel meer as die negatiewe is, in teendeel, volgens hulle kan als net tot voordeel vir Suid-Afrika wees. Yourcity het Ferreira besoek om meer uit te vind oor sy siening van Klerksdorp, die land, asook die “Global Investors Conference” wat 22-24 September in Klerksdorp gehou word. Ferreira glo dat die Global Investors Conference net voordele vir Klerksdorp kan inhou en geen nadele nie, aangesien dit die een ding is wat die land bewus gaan maak van Klerksdorp en die potensiaal wat in die stad verskuil word. Verder sê hy dat alhoewel die ekonomie nou af is, hy weet dat dinge weer gaan herstel, net soos dit verbeter het na 1998 toe die land ook in 'n ekonomiese krisis was. Alle geld wat deur die munisipaliteit, Eskom en ander maatskappye nou spandeer word op sypaadjies, herstel van nasionalepaaie en die kragkrisis, gaan wel weer terug geoes word in die land se ekonomie in en is dit nie om geld te mors soos menige negatiewe persone al gesê het nie. Ferreira voel dat elke persoon hulself moet afvra: “Wat kan ek doen om die land se toekoms te verbeter en hoe kan ek betrokke raak”, in plaas daarvan dat almal heeltyd in geveg saamleef. Volgens Ferreira is dit elke persoon se eie persoonlike besluit of hulle die land wil verlaat of nie en kan mens niemand keer om dit wel te doen nie, maar in geen ander land gaan jy dit wat jy in Suid-Afrika voel, beleef op 'n ander plek nie. Jou bloed is Suid-Afrikaans net soos Ellispark Suid-Afrikaans is en in 'n rugbystadion oorsee gaan jy nie dieselfde gevoel en geesdrif kry as op Ellispark nie. Hy sê ook dat Suid-Afrika enige iets net so goed soos enige ander land kan doen. Bv. die 2010 Sokker Wêreld Toernooi. Suid-Afrika kan dit net so goed beplan en uitbeeld soos Beijing gedoen het met die afgelope “Olympics” en “Paralympics” wat daar gehou is. Ferreira woon al 35 jaar in Klerksdorp en die oomblik wat jy sy huis binne tree en die gesigte van F.W. de Klerk en Nelson Mandela, groot, langs mekaar teen sy sitkamer muur sien, weet jy dat hierdie 'n man is wat net die goeie raaksien en sal help waar hy kan om Klerksdorp en Suid-Afrika te bevorder. Hy sê ook dat as dit nie vir hierdie twee landspresidente was nie, Suid-Afrika nie vandag sou gewees het waar dit is nie. Ferreira sê dat die publiek gerus op die uitkyk moet wees vir die volgende bord wat hulle gaan oprig, ook naby Lofdal op die N12, wat gaan lees: “BLY! Bou Matlosana” |
||