Pages 1 2 3 4 5 6 7 8 - Click on a Article or Advert Below- to View.....

 

 

WETENSKAP EXPO 

Vier van L/S Saamtrek se leerders het deurgedring na die Nasionale kompetisie van die Senwes Wetenskap Expo wat op 3-4 Oktober plaasvind.   Die 4 leerders met die onderwerp van hul projekte is:  

Jhelize Vos - Hand hygiene - Goud

Alyson van Niekerk - Hand hygiene - Goud

Alice Niemand -  ‘n Slegte tand storie - Goud

Marika Kok -  ‘n Slegte tand storie – Goud 

SUPER REKORD VIR SUPER KHS KRIEKETSPAN! 

'n Hele 489 lopies in 50 boulbeurte - dit is KHS se O/15 krieketspan se rekord Saterdag 13 September teen Potch Boys High in die Super Ses reeks. 

Albei KHS se spanne, die O/15's en die Eerste Span, is tot tot dusver onoorwonne in die reeks, waar KHS die enigste Klerksdorpse skool is wat deurgaan om skole soos Waterkloof en Menlopark aan te vat. 

Na die 50 boulbeurte en 489 lopies was net 7 van KHS se paaltjies plat en kon hulle hul opponente vir slegs 70 uitboul.  KHS wen dus met 419 lopies. 

Die beste kolwers in die wedstryd was Ryno Pienaar wat 138 lopies geslaan het, Herman Smith (97), Marcus Fourie (56) en Theuns Bruce-Smith (47).  Adriaan J van Rensburg boul 4 kolwers uit vir 12 in 4 beurte en Francois Venter neem 2 paaltjies vir 19 in 6.

Die Eerste Span wen eweneens hul wedstryd - met 183 lopies nadat hulle 262 lopies aangeteken het en Boys High vir 79 uitgeboul het.   

Die beste kolwers was Dirk van Staden (50 n.u.n.) en C J Ferreira (46).  Die bouler Jan Bosman Brink was egter die span se ster toe hy 7 kolwers uitgehaal het vir slegs 12 lopies! 

Albei KHS se spanne is sirkelwenners en het in die sirkel 201 uit 'n moontlike 20 punte behaal deur sowel Volkies, Gimmies, Wesvalia as Boys High te Klop en telkens 'n bonuspunt aan te teken.

Back to Top