|
|
||
|
Pages 1 2 3 4 5 6 7 8 - Click on a Article or Advert Below- to View.....
|
||
|
|
||
|
The WPF North West Bodybuilding Championship took place on 20 September at the Klerksdorp Civic Centre. Servaas Gym and Evox were the main sponsors where thirty of North West best bodybuilders showed their muscles in eight different categories. The North West team was chosen at this event. These participants will participate in the South African Championships on the 10 11 October in Welkom. The winners of each category were as follow: 1. Novice u/75 Mc Donald Mojohi 2. Novice u/75 Frank Seromola 3. Junior u/23 Lukas Thekiso 4. Ladies Vicki Botha 5. Seniors u/65 Godwin Nthutong 6. u/75 Gustin Smith 7. u/85 Jacob Pholo 8. u/95 Louis Fouche The NW team that will represent NW Province at the SA Championships is MacDonald Mojohi, Seleke Lehlohonolo, Lukas Thekiso, Elizabeth Halloway, Vicki Botha, Godwin Nthutang, Botsoko Sennelo, John Molekane, Vuyo Gouath and Gustin Smith. Puk-studente ontwerp Absa se Aardklop-veldtog Met Aardklop net om die draai kan Potchefstromers gerus 'n ogie oop hou vir Absa se 2008 feesveldtog wat op eie bodem ontwerp is. 'n Groep van vier finalejaar grafiese ontwerp-studente, Carla Erasmus, Melissa Oosthuizen, Charmaine Khaler en Gert Schoeman, se kreatiewe konsep het daarvoor gesorg dat hierdie studente vanjaar Absa se Aardklop-veldtog onder die vaandel van The Jupiter Drawing Room (Johannesburg) uitgevoer het. 'n Tweede groep studente met Melissa Meloney, Suzan van Wyk, Nadia Roodt en Magdel Smith is op sterkte van hul voorlegging gekies om die brand-aktiveringsaspekte van die wenveldtog te ontwikkel en tydens Aardklop op die feesterrein te implementeer. Vanjaar se wenveldtog wentel rondom die speelse dubbelsinnigheid van Afrikaanse idiomatiese-uitdrukkings. Daar word gefokus op die ongewone en onverwagse soos versinnebeeld in die veldtog se trefreël: 'n onwaarskynlike ondervinding. Dié finale jaar studente van die NWU-Puk is in sewe groepe verdeel wat elk verskillende veldtogte vir Absa voorgelę het. Drie top veldtogte is gekies waaruit die wenner aangewys is. Die vakgroep grafiese ontwerp se betrokkenheid by die Absa/Aardklopveldtog spruit uit verlede jaar se sukses met die Johnny Fondor/ Absa/Aardklop gym-veldtog wat ook deur die Puk se finalejaarstudente ontwerp is. Een van hierdie oud-studente wat nou werksaam is by The Jupiter Drawing Room, Christo Kruger, was ook verantwoordelik vir die ontwerp van vanjaar se baie gewilde Absa/KKNK-veldtog. Volgens mnr. Richardt Strydom, grafiese ontwerp-dosent aan die Puk, is dit ongewoon dat groot handelsname soos Absa 'n bo-die-lyn-veldtog aan studente toevertrou. “Benewens dat dit Absa se belegging in die jong mense van Suid- Afrika onderskraag, is dit ook beduidend van die hoë gehalte van grafiese ontwerponderrig aan die NWU”. ABSA se 2008 Aardklop-veldtog is reeds vanaf vroeg September geďmplimenteer. |
||