Pages 1 2 3 4 5 6 7 8 - Click on a Article or Advert Below- to View.....

 

 

Wessies wen Sun City-tennistoernooi 

Hoërskool Wesvalia se eerste tennisspanne het vanaf 22-26 September aandie Sun City-tennistoernooi vir plattelandse hoërskole deelgeneem.

Wesvalia se eerste seunspan nl. Christo Scholtz, Du Toit Niemand, Arno Koekemoer, George Rautenbach en Michael Joubert tree as algehele wenners uit die stryd.

 

In die seunsafdeling het die volgende skole ingeskryf: Clifton College (vanaf Durban), Duineveld, Middelburg, Wesvalia, Ermelo, Kempton Park, HTS Middelburg, Noord-kaap,

Volkskool Heidelberg, Diamantveld, Nelspruit en EG Jansen. 

Wesvalia het die volgende skole agtereenvolgens kafgeloop tydens die toernooi, wat uiteindelik uitgeloop het op 'n uitkloptoernooi (“knockout”): 

1)             Kempton Park

2)             Ermelo

3)             Noordkaap (Kimberly)

4)             Duineveld (Upington) : Semi-finaal

5)             Clifton College : Finaal 

Die Wessies het nie een wedstryd verloor nie en bring dus die Wilson-trofee huis toe. In die proses het hulle prysgeld van R4000 gewen. 

Hoërskool Wesvalia se meisiespan het uit elf skole vyfde geëindig wat net so 'n uitstaande prestasie is. 

BINNESHUISE KRIEKET:   VIER SA SPELERS VIR KHS 

Drie KHS'ers en nog een oud KHS'er is in die SA Binneshuise Krieketspan wat van 29 September tot 5 Oktober aan 'n reeks toernooie deelgeneem het, J P de Villiers, Donovan Herridge en Jacques Matthee (huidige KHS'ers) en oudleerling Louis Lourens dra die groen en goud met trots. 

PLAASLIKE KOMPONISTE  OP DIE VOORGROND 

Die Inligtingsentrum vir Suider-Afrikaanse Musiek (ISAM) sorg jaarliks vir 'n konsert in die Skool vir Musiek, Noordwes-Universiteit se konsertreeks waar plaaslike komponiste se werk op die voorgrond geplaas word. Vanjaar se konsert op Dinsdag 14 Oktober 2008 om 19:30 in die Konservatoriumsaal bied 'n verskeidenheid van style en besettings en verteenwoordig die senior sowel as nuwe geslag van komponiste.

Gevestigde komponiste soos Stefans Grové en Pieter de Villiers word verteenwoordig, en daar word ook hulde gebring aan Jeanne Zaidel-Rudolph met haar sestigste verjaardag. Die jonger geslag van komponiste sluit Robert Fokkens en Hannes Taljaard in.Die sopraan, Mandie de Villiers-Schutte, sal die grootste deel van die program behartig, maar daar is ook werke op die program vir altviool en klavier, en selfs 8 en 12 fluite! Die konsert word soos gewoonlik geborg deur die Suider-Afrikaanse Musiekregte-organisasie (SAMRO).

Kaartjies is beskikbaar gedurende kantoorure by die Konservatorium, tel. (018) 299-1692, of vanaf 'n halfuur voor die konsert by die loket teen R50 vir volwassenes, en R30 vir leerders, studente en pensioenarisse.

Back to Top