Pages 1 2 3 4 5 6 7 8 - Click on a Article or Advert Below- to View.....

 

 

Wesvalia rugby is briljant

Hoërskool Wesvalia se o/19 rugby span het 18 Oktober teen Vaal Reefs se o/19 span in die hoof voorwedstryd vir die SA Rugbylegends gespeel.

Hoërskool Wesvalia het in alle aspekte die spel gedomineer en wen met 'n puntetelling van 34-17. Hulle het die sterk wind die eerste helfte baie goed gebruik. Hierdie oorwinning is nog 'n bewys dat Wesvalia se rugby die afgelope paar jaar besonder goed vaar. Die invloed van Tonie Botha en Donald Richter, wat ook die Vaal Reefs Legends afgerig het, is duidelik te bespeur.  

Die spelers wat drieë gedruk het was Ryno Goosen, De Markhoff Fouché, DW Reynecke, Gerrie  en Danie Kritzinger. Daniel Kritzinger het een strafskop en drie doelskoppe aangeteken. Die toeskouers het die aanskoulike, hardlooprugby wat goeie gees gespeel is terdeë geniet. 

KHS-KOSHUIS SKEP TRADISIE 

KHS Piet de Villiersseunskoshuis het op Dinsdag 14 Oktober met 'n baie unieke tradisie begin.  Hulle het met 'n spesiale afsluitingsfunksie, wat 'n formele ete ingesluit het, ook 'n prysuitdeling gehou.  Almal moes skooldrag saam met hul Pieta-pet aangetrek het. 

Die volgende Pietas het sertifikate en trofees ontvang:  Kultuurtrofee:  Japie Olivier. Sportman:  Donovan Herridge (SA-span vir Binnemuurse Krieket).  Netjiesste kamer:  Jan-Bosman Brink, Rassie Pretorius, Pieter Peach en Herman Nieuwoudt.  Beste vordering in Akademie:  Brendon Booysen.  Slang van die jaar:  Ernie Benson (Patat).  Akademie Graad 8:  J C Greyling, J G de Kock en Arcon Otto (Dux).  Akademie Graad 9:  Stephen Robberts, Hennie Stols en Dihan Viljoen (Dux).  Akademie Graad 10:  Willie Marais, Duard Bateman en Pieter Peach (Dux).  Graad 11:  Nico Venter, Japie Olivier en Pieter J van Vuren.  Graad 12:  Francois van der Walt, Lourens Linde en Pieter Jan Pienaar (Dux).  Pieta van die Jaar-trofee was Wilco van der Schyff. 

Op dieselfde aand is afskeid geneem van Mnr. Jaco Prins wat vir 3 jaar diens gedoen het.  Dankie nogmaals mnr. Prins.  Pietas en in besonder die prefekte baie dankie vir 'n baie mooi geslaagde aand.

Back to Top