Verskeie Afrikaner-kultuurorganisasies asook Tradisionele
Volksdansgroepe van ons stamlande het die afgelope naweek die
21e bestaansviering van die Tradisionele Boeredansklub van
Suid-Afrika in Centurion bygewoon. Die Boeremusiekgilde en die
Tradisionele Boeremusiekklub van SA was ook verteenwoordig en
het vir die musiekbegeleiding gesorg.