|
KHS
KRIEKETAKADEMIE LAAT WAAI MET DIE WILGERLAT!
Hoërskool Klerksdorp se Krieketakademie is vanjaar skitterend op
dreef. Sedert Januarie vanjaar het hierdie seuns (laerskoolspelers
ingesluit) reeds 83 vyftigtalle en 21 honderdtalle geslaan.
Sewentien van die spelers is in KOSH-spanne ingesluit en
altesaam nege van die Akademiespelers het provinsiale kleure
verwerf.
Die Akademie het ook 'n span wat aan die klubliga deelneem.
Die KHS klubspan het met Wesvalia se klubspan afgereken nadat
hulle met Potch Dorp afgereken het.
KHS slaan 240 lopies vir 7. Daarna boul hulle die Potch-span uit
vir 90.
Jan Bosman Brink (54) en Jeandré van Wyk (50) het die beste met
die kolf gevaar en Shermin Visser was die beste bouler: hy neem
4 paaltjies vir 31 in 7 beurte.
Teen Wesvalia behaal die span weer skitterende uitslae met Jan
Bosman Brink weer as die speler van die wedstryd toe hy in slegs
een boulbeurt drie paaltjies neem en n enkele lopie afstaan.
Hy blink ook uit met die kolf en slaan 70 lopies.
Adriaan J van Rensburg slaan ook n verdienstelike 63 lopies
n.u.n.
|