|
MEER AS NET SPORTVROU
VAN 2008
Asof Protea kleure vir karate en SA-span vir dans nie genoeg is
nie is Carla-Marié van Awegen ook nou aangewys as sportvrou vir
2008 in die primêre skole afdeling deur die Sportsraad van
Matlosana.
Van Aswegen het vroeër vanjaar deelgeneem aan die Statebond
Kampioenskappe vir karate in Skotland en Suid-Afrika
verteenwoordig in die Zone 6 Kampioenskappe teen lande soos
Botswana, Zimbabwe en ander lande.
Aangewys as die goue medalje wenner by die alle style karate
kampioenskap in haar ouderdom en gewig-safdeling. As danser kry
sy 2 silwer en 1 brons medaljes op Beyond 2000 SA-kampion-skap
in Rustenburg.
By die IFAA kampioenskappe dring sy deur na die Dia-
mantspan en tydens die Nasionale Eistedfod verwerf sy 5 diplomas
en word aangewys as alghele wenner in die “Hip Hop Funk” en “Any
Other” style vir die kategorie vir Graad 1-7.
KHS SE LEIERS INGEHULDIG
Die inhuldiging van KHS was vanjaar weer 'n spoggeleentheid waar
ouers trots kan wees op hul nuutverkose VLR-kinders.
Die aand het begin met dr. Amanda du Plessis as gasspreker. Sy
het aan elke VLR-lid 'n paar sleutels tot lewenssukses besorg.
Daarna is die koshuisleiers van beide Seuns- en Meisieskoshuis
bekendgestel, gevolg deur die bekendstelling van die VLR vir
2009.
Elke VLR-lid se ouers het die voorreg gehad om sy/haar kind se
kleurbaadjie aan te trek sowel as die balkie aan te steek. Elke
ouer was voorwaar trots op hul kind.
Die aand is afgesluit met 'n heerlike ete en saamkuier. |