Pages 1 2 3 4 5 6 7 8 - Click on a Article or Advert Below- to View.....

 

 

HONDERD KHS-MATRIEKS VEREER BY PRYSUITDELING

Puik prestasies in die afgelope jaar het vanjaar daartoe gelei dat honderd KHS'ers by die Matrieks se Prysuitdeling beloon is vir hul harde werk.

Die Prysuitdeling val jaarliks saam met die Matrieks se spesiale laaste kerkdiens en is vanjaar gekenmerk deur talle hoogtepunte. Daaronder was die uitsonderlikste sekerlik dié waar Elizna Steyn bekroon is as KHS'er van die Jaar, Johan Ferreira die J W Saunderson trofee ontvang het as die persoon wat KHS se naam die beste uitgedra het en Wilco van der Schyff en Ulrike Becker die Diligenter-toekenning ontvang het vir gesindheid. Dries van Onselen en Lereinda van Wyngaardt, Chantél Smit, Laurianne van Vuuren, Nadia Swanepoel en Esmaralda Pretorius is vir Dienslewering bekroon.
Die Top Tien Akademiese presteerders, wat elkeen 'n medalje ontvang het, is dux-leerling Johan Ferreira met 'n skitterende gemiddeld van 90,7%, Pieter-Jan Pienaar (no. 2: 86.7%), Karien Steyn (no. 3: 86,6%), Retha Peach (no. 4: 86,6%), Elizna Steyn (no. 5: 86,0%), Jaco Joubert (no. 6: 84,4%), Lené van Rooyen (no. 7: 82,5%), Lourens Linde (no. 8: 82,4%), Francois van der Walt (no. 9: 80,7%) en Stiena Hoffmann (no. 10: 80,3%) - almal bo 80 % en met 'n A-gemiddeld 'n Rekordgetal van 27 matrieks het erekleure (75% en meer) ontvang.

NW KLEURE VIR KHS-KRIEKETSPELERS


Klerksdorp se Sportvrou van die Jaar wat veral bekend is vir haar prestasies met die spies, het pas vir die vyfde agtereenvolgende jaar Noordwes kleure vir krieket verwerf. Tazmin Brits is nie net 'n befaamde atleet nie, maar ook 'n uitstekende krieketspeler en neem in Desember deel aan die interprovinsiale krieketweek in Pietermaritzburg.

Nog ses KHS'ers neem aan krieketweke deel: C J Ferreira (O/17) is ingesluit in die span wat van 10 -14 Desember ook in Pietermaritzburg deelneem. Dirk van Staden is vir die O/19 Noordwes-span gekies wat in die vakansie aan drie driedag-wedstryde gaan deelneem.

Drie O/15-krieketspelers verteenwoordig Noordwes in Oudtshoorn by 'n interprovinsiale toernooi, naamlik Marcus Fourie, Adriaan J van Rensburg en Herman Smith.
Jacques Matthee is vir die O/19 Noordwes-span gekies wat aan die Khaya Majola Coca Cola Krieketweek in Port Elizabeth gaan deelneem. Mnr. Gert de Beer, adjunkhoof van KHS, is die spanbestuurder van die span.

Wesvalia NW-wenners


Hoërskool Wesvalia se o/16 krieketspan het 8 November behoorlik gewys wat krieket is toe hulle KHS in die Noordwes finaal met 'n ongelooflike puntetelling van 7 paaltjies gewen het. Die Wessies het KHS uitgeboul vir 36 lopies en Wesvalia tree uit die finale stryd as Noordwes Wenners. Die was definitiewe 'n puik wedstryd om te beleef en een waarop die Wessie baie trots kan wees.

Back to Top