Pages 1 2 3 4 5 6 7 8 - Click on a Article or Advert Below- to View.....

 

 


Wessie is landloop sterre

Hoërskool Wesvalia se landloopatlete het Saterdag 25 Julie aan 'n liga-byeenkoms deelgeneem en puik gevaar.

By die dogters o/15 jaar behaal Anja Schlebusch 'n eerste plek, Miki Snyman 'n tweede plek en Jodie Berry 'n agtste plek.

Franco Kruger behaal 'n sewende plek en Peter Mong 'n tiende plek vir seuns o/15.
Dylan Cronje behaal 'n tiende plek vir seuns o/17.

KHS O/16 NETBAL BY NOORDVAALDAG
KHS se O/16 Netbalspan het op 31 Julie by E.G. Jansen aan die Noordvaalkompetisie deelgeneem en baie goed presteer.
Die finale wedstryde wat Saterdag sou plaasvind, het ongelukkig uitgereën.

President Redenaars
Laerskool President is baie trots op die volgende leerders:

Voor: Emerize Swart (Gr. ii), Niël du Preez (Gr. 7), Mijanca Swartz (Gr. ii) en agter: Rukes Scholtz (Gr. i). Hierdie leerders het deelgeneem aan die tweede rondte van die Radikale Redenaars Kompetisie!

Dit het plaasgevind op 25 Julie by Hoërskool Garsfontein. Niël du Preez het deurgedring na die finale rondte. BAIE GELUK, JULLE.

Wessies wen by Coke-reeks
Hoërskool Wesvalia se Coke-span en Coke-Light span het Vrydag 31 Julie aan die jaarlikse Cokereeks by HTS gespeel en briljant gevaar.
Die Coke-span speel teen Potch Boys High en wen hulle met 'n ongelooflike 39-0.
Die speler van die wedstryd is Casper Badenhorst. Die puntemakers is Herman Redelinghuys met 1 drie en 2 doelskoppe.

Barend Swanepoel met 2 drieë, Júan Goosen met 1 drie, Petrus Coetzee met 2 drieë en Paul-Phillip Fick met 1 drie.

2 KHS Tonele by die ATKV
KHS se toneelgroep het vanjaar 2 tonele vir die ATKV-kompetisie ingeskryf.

Hulle het 30 Julie by die Noordwes-universiteit opgetree.

Hier staan Yuleen J van Rensburg, Jacomi de Beer, Zarko Geldenhuys, Tanya Botha, Corlia Wilkens, Riaan vd Merwe, Kariesa Snyman, Jaco Koekemoer, Rizaan Olivier en Kallie Zwartz (agter) en voor Shelaine Botha, Antoné van Jaarsveld en Mev. Glau-Maré Lewis, Sonique Fourie, mev. Petro Enslin en Michelle Marx.

Wesvalia akademie is tops
Hoërskool Wesvalia se leerders het in die tweede kwartaal baie goed presteer op akademiese vlak wat als te danke is aan die kwaliteit onderrig wat die Wessies daagliks ontvang en natuurlik ook gebed en die onderwysers en leerders se harde werk deur die jaar.

Die volgende leerders word aangewys as die dux-leerders in hul onderskeie graadgroepe: Idelette Mynhardt is die top akademiese leerder in graad 8 met 'n gemiddeld van 94.6%.

Andrea Cronje behaal 'n gemiddeld van 95.2% en tree as dux-leerder in die graad 9 uit. Janeé Coetzer word aangewys as die dux-leerder in die graad 10 groep met 'n gemiddeld van 93%.

Wiehan Botes is die top akademiese leerder in die graad 11 groep met 'n gemiddeld van 88% en Andri Pienaar is op top akademiese matrikulant met 'n gemiddeld van 92.5%.

Schoonie-revue doen dit alweer!
Dit is 'n alombekende feit dat elke revue-produksie van Hoërskool Schoonspruit 'n sukses is.

Die revue wat verlede week (die 30ste en 31ste Julie) in Klerksdorp Ouditorium te sien was, het bekoorlike optrede beloof. Elke lied was deur die leerders opgevoer met uitstekende danspassies en asemrowende stemme wat elke persoon in die gehoor uit laat sien het na die volgende item.

Met harde werk, was sukses die werkwoord en 'n duidelike uitkoms van die produksie. Die revue-lede het puik optredes vertoon, daarom kan die skool trots wees op hulle spog-leerders.

KHS Ruiters Blink Uit
Anisja Smit, kranige KHS ruiter, het dié maand die toekenning as Ambassadeur van die Stadsraad Matlosana ontvang.

Hier is sy by die skoolhoof, mnr. Eddie Bateman, met haar toekenning, wat bestaan uit 'n oorkonde, 'n trofee en 'n geskenkie.

Anisja het vanjaar aan die Beaufort-Wes Uithourit deelgeneem waar sy 120 km binne een dag voltooi het. Sy en haar perd Feysel het al 10 000km saam afgelê.

Lize Greyling, 'n gr 9-leerling van KHS, het die afgelope vakansie deelgeneem aan die Fauresmith 201 km perde-uithourit en het dit suksesvol voltooi.

Sy is ook gekies vir die Noord-Wes junior-ontwikkelingsspan wat ook na die rit die algehele junior wenspan was en 'n goue medalje huis toe gebring het.
‘N Hoogtepunt was die Australiese ruiter wat saam met haar gery het, die eerste internasionale ruiter was wat die rit voltooi het en ook 'n goue medalje vir haar land verdien het.




 

Back to Top