|
KPS
qualifies at the District Championships
At the district Athletics championships (APO) meeting which was
held on 13 February 2010, at the sports grounds of KHS, the
following Klerksdorp Primary School athletes qualified to
participate at the Regional Championships at Wolmaransstad on 21
February 2010.
Kendal Victor G U/11 100m 2nd place
Reabetswe Matsoso u/11 100m 1st place
Anelda Phillips u/12 Discus 2nd place. Photo Right:
Back row: Kendal Victor; Anelda Phillips & Reabetswe Matsoso
Front row: Ranthane Thobedi (New Record u/9 - 100m) &
Keaorabetswe Molema(u/8 60m - 2nd place) Unfortunately these
boys will not go through to the Regional Championships as they
are in younger age groups.
Back to Top
Goudkop by die
Distriks Atletiek
Hierdie atlete het met die Distrik Atletiekbyeenkoms te
Hoërskool Klerksdorp op 13 Februarie 2010 die volgende plekke
behaal
Foto onder:
Voor vlnr: Linda Nel Gewigstoot Dogters O/13 1ste plek ;
Spiesgooi Dogters O/13 1ste plek (albei rekords verbeter),
Shonbenay Nel Werpskyf Dogters O/13 1ste plek (rekord verbeter).
Karli van Blommestein Gewigstoot Dogters O/12 2de plek.
Agter vlnr: Leandro Vorster Hoogspring Seuns O/12 2de plek,
Mariska Olivier Spiesgooi Dogters O/13 2de plek.
Back to Top
Wesvalia bied
Dramatiese Kunste as vak
Hoërskool Wesvalia is baie trots om bekend te stel dat hul die
eerste en enigste Hoërskool in Klerksdorp is wat nou Dramatiese
Kunste as amptelike vak aanbied.
Hoërskool Wesvalia glo dat leerders gebalanseerd moet wees en
daarom fokus hul op akademie, sport en kultuur. Om te verseker
dat die kultuur pilaar sy geregtelike plek het, het die Wessies
verlede jaar hul eie teater geopen genaamd die Tharseo Teatro en
verskeie produksies is al suksesvol daar gehou.
Dr. Frik Steenkamp, skoolhoof van Hoërskool Wesvalia, het gevoel
dat kultuur en spesifiek Dramatiese Kunste deel van die skool se
sillabus moet wees en het goedkeuring by die Departement van
Onderwys gekry om dit as 'n amptelike vak aan te bied.
Dramatiese kunste is dus nou deel van Wesvalia se Gr 8 en Gr 9
leerders se sillabus en kan as keuse vak deur Gr 10 leerders
geneem word. Me. Carine van Pletzen is aangestel as die
Dramatiese kunste onderwyseres. Sy het aan die Universiteit van
die Vrystaat haar B.A. Drama & Teater kuns gestudeer waarna sy
haar N.GOS voltooi het. Wesvalia bied ook 'n Drama Akademie as
buitemuurs vir alle Hoër- en Laerskool leerders aan by Hoërskool
Wesvalia se teater op Woensdae middae vanaf 2-4. Me. Carine van
Pletzen rig die Hoërskool leerders af en Me. Odette Jensen rig
die Laerskool leerders af. Me. Jensen het by die SA Drama
College in Pretoria gestudeer.
Die Wesvalia Drama Akademie is by die SA Drama College in
Pretoria aangesluit en leerders sal een maal per jaar 'n
praktiese eksamen by die SA Drama College doen. Daar word beplan
om verkeie stukke op die planke te bring asook toere vir drama
leerders om hul maksimale blootstelling te gee. Die drama-leerders
gaan reeds in Augustus op 'n drama toer na Durbanville om aan
die tienertoneel fees deel te neem.
Back to Top
35 Years service at THS
Elias Matsheta received recognition of 35 years' faithful
service to THS, on Friday, 19 February.
At a moving assembly, during which the school choir sang, Mr
Rodwell Miles- deputy principal- paid tribute to him by
acknowledging all the hard work that Elias has done for the
school. In addition, Elias also received a school jacket, rugby
jersey, a framed certificate of recognition as well as a cash
gift from the learners.
Elias Matsheta was born in Duiwelskloof near Tzaneen on 15 April
1950. He worked on the Phalaborwa mines for 18 years before
relocating to Klerksdorp in 1976 when he started working at THS
then known as the Hoër Handelskool. The school was, at that
time, under the leadership of principal, Bob Brand. Elias has
been one of the chief groundsmen at THS, and at times, the
Factotum in charge.
He recalls that his starting salary was R15 per month and that
he bought a Ford Cadet motorcar for R450-00.
He enjoys working at THS although, in his opinion, children, in
general, have become more disobedient over the years. He
remembers fondly how rugby used to be the only sport that
learners wanted to play and that it was tough for any school to
beat the THS boys.
Elias resides on the THS grounds, is married and has two
children. Sadly, one of his sons passed away in 2009. He keeps
fit by doing light weight-training. He says this will prevent
him from growing old too quickly. He proudly adds that he was
the Nr 1 Junior Body Builder in the Western Transvaal in 1984.
Elias, THS is proud to have you at our school. We are glad to
know that we can count on you whenever we need any job done.
When we look around at the buildings and the school grounds
(which are the neatest school grounds in Klerksdorp), we see
that you have made your mark. We appreciate your hard work and
your loyalty to THS. Kea leboga, ntate Elias.
Back to Top
Wesvalia atlete skitter
Die Wessie- atlete se puik prestasies die afgelope atletiek
seisoen het duidelik gespreek van die hoë kwaliteit atletiek wat
by Hoërskool Wesvalia beoefen word.
Tydens Tukkies se Top 10 atletiek byeenkoms op Woensdag 17
Februarie het die Wessies weereens gewys hoe dinge gedoen word
toe die Wessie-atlete die eerste plekke en goue medaljes in hul
onderskeie afdelings ingepalm het.
Christo Krause behaal twee eerste plekke vir Verspring en
Hoogspring vir seuns o/16, Marizanne Oosthuizen behaal ook 'n
eerste plek vir die 400m Hekkies dogters o/19, Dawie Swanepoel
behaal 'n eerste plek vir 200m Hekkies seuns o/14, Hermioné
Kruger behaal ook twee eerste plekke vir die 100m en 200m
dogters o/15, Reihner de Meyer behaal 'n eerste plek vir die
200m seuns o/16, Petrus Coetzee behaal ook 'n eerste plek vir
die 200m seuns o/19, Salomé van Heerden palm 'n eerste plek in
vir Hoogspring dogters o/17, Anja Schlebush behaal 'n eerste
plek vir die 800m dogters o/15, Jacques Smit behaal ook 'n
eerste plek vir die 800m seuns o/16, Zabastian de Jager behaal
'n eerste plek vir die 800m seuns o/19 en Liezl Hechter behaal
ook 'n eerste plek vir die 100m dogters o/16. |