Pages 1 2 3 4 5 6 7 8 - Click on a Article or Advert Below- to View.....

 

KHS Skop af met Oorwinnings

KHS se Eerste Rugbyspan het hul eerste wedstryd in die voorseisoen met 'n oorwinning van 8-7 oor Hoërskool Noordkaap beklink en so die pad voorberei vir wat nog 'n blink seisoen vorentoe kan wees.

Die punte in die wedstryd teen Noordkaap is aangeteken deur Pieter Bornman (drie) en Vernon Prinsloo (strafskop).

Van die ander spanne het gemengde sukses behaal met die o/14A-span wat met 15-10 geseëvier het, 0/14B met 10-5, o/15A met 12-0, o/16B met 10-0 en o/16A met 10-0.

Met die hokkie en netbal het dit eweneens voorspoedig gegaan waar daar in albei aktiwiteite in rondomtale format deelgeneem is.

Die Eerste Hokkiespan (meisies) wen alvier hul wedstryde e teken altesaam 13 doele aan en staan geen doel teen hulle af nie. Die Eerste Netbalspan wen die toernooi.

Die skool speel dan ook sy eerste Super Sestien wedstryde die komende naweek teen Hoërskool Monument wat elke jaar vir uitsonderlike harde rugby sorg.

Die wedstryd vind te Hoërskool Monument plaas.

Die jaarlikse FNB “Classic Clash” teen Wesvalia lê ook voor en word vanjaar op 15 Mei op Wesvalia se velde beklink.

As deel van die voorbereiding van die seisoen vertrek KHS se rugby-, netball-, en hokkiespanne op 22 Maart op 'n treintoer na die Kaap waar hulle wedstryde teen Hoërskole Charlie Hoffmeyer in Ceres en Worcester Gimnasium sal speel.

Back to Top

Hoffie Proffie-Atletiekdag

Vrydag 26 Februarie was Hoffie Proffie se groot Atletiekdag waar 16 Kleuterskole deelgeneem het.

Met 400 atlete het die dag 'n hele paar kampioene opgelewer in hoogspring, verspring en talle ander items.

Back to Top

La Hoff by Suidstreek byeenkoms

Die volgende atlete van Laerskool La Hoff het hulle baie goed van hul taak gekwyt tydens die Suidstreek-byeenkoms te Wolmaransstad.

Hulle gaan hul staal wys op 5 Maart te Mc Arthur te Potchefstroom tydens die NOWESSA-byeenkoms.

Foto Regs:

V.l.n.r.: Marni Oberholzer, Thelmi Botha, Nadine Gouws, Jo-Ann Annandale, Edmund Rheeder, Jozanne St Quinton, Johan J. van Rensburg.

Back to Top

Los tong Presidenters

Laerskool President se Interne Redenaars Kompetisie het op 10 Februarie plaasgevind. Leerders van Gr. i Gr. 7 het die tonge behoorlik laat klap! Die topsprekers van elke graad is as volg:

Foto Regs:
Voor: Mijanca Swartz (Gr. 3), Anru Hechter (Gr. 2) en Mieke van der Merwe (Gr. 1)
Agter: Jo-Lize Swart (Gr. 4), Ansoné Snyders (Gr. 5), Pieter van der Merwe (Gr. 6) en Anessa Buitendach (Gr. 7)

Back to Top

KHS Ope Skaaktoernooi

Die KHS-Ope Skaaktoernooi het op 26 en 27 Februarie plaasgevind in KHS se Skoolsaal.

By die beginners afdeling was daar 49 spelers en by die Meriete afdeling 209 spelers wat deelgeneem het. Die uitlsae in die verskilende ouderdomsgroepe was soos volg:

Beginners: o/10, o/12, o/14 (49 Spelers)
o/10: Watson Reinecke (Laerskool Meiringspark), o/12 & 14: R Kesilwe (Methodist)

Meriete: o/8 Volwasse (209 spelers)
o/8: S Schutte (Potchefstroom), o/10: Tinus Kits (Laerskool Saamtrek), o/12: J Verhoef, o/14: JR Havenga (St Christians, Potch), o/16: Lukas Roos ( Laerskool ML Fick, Potchefstroom), o/18: Pierre van Rensburg (H/S Gimnasium, Potchefstroom), o/20: KW Selemela (Platina, Rustenburg), Volwasse: Gerry Botha (Klerksdorp)

Back to Top

Wesvalia-rugby laat Schoonies les op sê

Hoërskool Wesvalia se rugbyspanne het Vrydag 26 Februarie teen Hoërskool Schoonspruit op die Schoonies se tuisvelde gespeel.

Die Wessies het uitstekend gespeel en wys Hoërskool Schoonspruit se spelers hoe rugby gespeel word toe 7 van die Wessies se 9 spanne wen.
Die eerste span wen 18-7 met Barend Swanepoel (Kaptein) en Casper Badenhorst wat elk 'n drie gedruk het en Britz Niemand met 2 skepskoppe en 1 doelskop.

Francois de Koker (skrumskakel) is aangewys as die speler van die wedstryd.

Wesvalia se o/14 A's wen 29-3, die o/14 B's speel gelykop 10-10, die o/15 A's wen 13-5, die o/15 B's wen 25-5, die o/16 A's wen 10-7, die o/16 B's wen 15-0, die Derdespan wen 42-17 en die Tweedespan verloor ongelukkig 10-16.

Back to Top

SPESIALE SKOLE INTER ATLETIEK

Keurhofskool het Vrydag, 26 Februarie 2010, deelgeneem aan die Spesiale Skole Inter te Harry Oppenheimer stadion.

Die geleentheid is ook aangebied deur Keurhofskool. Die atlete het puik presteer en Keurhofskool is as algehele wenner aangewys met die hoogste groottotaal. Ook het hul die trofeë vir beste seuns- en dogtersspan huis toe geneem.

Nog trofeë's vir Trofeë wat ontvang is was vir volgende:
• Groottotaal
• Wenspan Seuns
• Wenspan Dogters
• Junior Victor Ludorum: Ducky Harmse
• Beste naelloper van die dag: Tebogo Kgosieng

Hoeveelheid Medaljes ontvang:
• 51 Goud
• 43 Silwer
• 48 Brons

Onder die toppresteerders was Ducky Harmse (Junior Victor Ludorum) en Tebogo Kgosieng (Beste naelloper van die dag). Daar is 36 atlete verkies tot die Noordwes span wat aan die SA's in Sasolburg gaan deelneem. Die volgende leerders wat rekords verbeter het:
Tshepo Makoro: SO/19 - 110m hekkies
Duan Beukes: SO/19 - Gewigstoot
Johannes Bouer: SO/14- Verspring
Riaan Smith: SO/15 - Diskus
Damon Birkenstock: SO/15 - Spiesgooi
Tebogo Kgosieng: SO/17 - 400m
Nathaniel Leboko: SO/17 – Hoogspring

Back to Top

Friendly Matches for THS & Orkney

On Friday, 26 February, THS played friendly rugby, netball and hockey matches against Orkney High School.

Results were as follows:
Rugby: u/14 won 20-10, u/15 lost 5-0, u/16 won 19-5, the 2nd team won 20-0, and the 1st team won 26-0 of which three tries were scored by captain, Jaco du Preez

Hockey: the u/14 won 5-0, u/16 won 1-0, the 2nd team lost 3-0, and the 1st team won 5-1

Netball: the u/14 B team won 14-9

 

Back to Top