|
21 Wessies kwalifiseer vir NW- Atletiekkampioenskappe
Een en twintig van Hoërskool Wesvalia se atlete wat op Dinsdag 2
Maart aan die Streekkampioenskappe in Potchefstroom deelgeneem
het, het gekwalifiseer vir vanjaar se NW Kampioenskappe wat
plaasgevind het op Saterdag 6 Maart in Potchefstroom. Atlete wat
op hierdie byeenkoms gekwalifiseer het, sal verder deurdring na
vanjaar se SA Kampioenskappe wat plaasvind op 25 Maart en 26
Maart in Sasolburg.
Die Wessies wat vir die NW Kampioenskappe gekwalifiseer het, is:
LJ Basson vir seuns o/15 spiesgooi (LJ behaal 'n tweede plek
tydens die NW Kampioenskappe), Stephen Momberg vir seuns o/15
hammergooi, Hermioné Kruger vir meisies o/15 100 m en 200 m (Hermioné
behaal 'n tweede plek vir die 200m tydens die NW Kampioenskappe),
Anja Schlebusch vir meisies o/15 800 m en 1500 m, Miki Snyman
vir meisies o/15 800 m en vir meisies o/17 3000 m (Miki behaal
'n derde plek vir die 3000m tydens die NW Kampioenskappe), Monya
Vermaak vir meisies o/15 1500 m stap, Franco Kruger vir seuns
o/15 5000 m stap, Molliére Daffue 110 m hekkies seuns
o/17(Molliére behaal 'n skitterende eerste plek tydens die NW
Kampioenskappe), Jacques Smit vir seuns o/17 800 m en 1500 m,
Jandré van Wyk vir seuns o/17 gewigstoot, Salomé van Heerden vir
meisies o/17 hoogspring (Salomé behaal ook 'n uitstekende eerste
plek tydens die NW Kampioenskappe), Chené Naude vir meisies o/17
5000 m stap, Kelly Long vir meisies o/17 5000 m stap, Petrus
Coetzee vir seuns o/19 200 m, Zabastian de Jager vir seuns o/19
400 m en 800 m (Zabastian behaal 'n tweede plek in albei sy
items tydens die NW Kampioenskappe), Rizanne Heppell vir meisies
o/19 diskus (Rizanne behaal 'n derde plek tydens die NW
Kampioenskappe), Esmeralda Kapp vir meisies o/19 5000 m stap,
Chantell Cripps vir meisies o/19 100 m en 200 m, Marizanne
Oosthuizen vir meisies o/19 400 m (Marizanne behaal 'n tweede
plek tydens die NW Kampioenskappe), Anja Hagen vir meisies o/19
1500 m (Anja behaal 'n tweede plek tydens die NW Kampioenskappe)
en Merike Ungerer vir meisies o/19 driesprong (Merike behaal 'n
derde plek tydens die NW Kampioenskappe).
Foto Onder (van links na regs):
VOOR
Chantell Cripps, Monya Vermaak, Hermioné Kruger, Anja Hagen,
Merike Ungerer, Rizanne Heppell, Miki Snyman en Chené Naude
MIDDEL
Kelly Long, Molliére Daffue, LJ Basson, Stephen Momberg, Jacques
Smit, Anja Schlebusch en Salomé van Heerden
AGTER
Marizanne Oosthuizen, Petrus Coetzee, Jandré van Wyk, Zabastian
de Jager en Esmeralda Kapp
Afwesig: Franco Kruger
Back to Top
3
Medals for KPS
The Bi-Athlon North West trials took place on Monday, 1st March
2010 in Potchefstroom. KPS came home with three medals.
• Gold to Damian Lagoa
• Silver to Alexia Duarte
• Bronze to Mrs Carolyn van Niekerk
Bi-Athlon Nationals will take place in Bloemfontein over the
Easter week-end. Mrs van Niekerk will be going through to this
competition. Alexia and Damian are still too young to represent
their province.
Back to Top
GOUDKOPPERS DEUR
NA SA KAMPIONSKAPPE
Die volgende leerders van Laerskool Goudkop het op 5 Maart 2010
deelgeneem aan die Noordwes Kampioenskappe in Potchefstroom en
die volgende plekke behaal :
Foto Onder:
V.l.n.r Renco van Huyssteen 1ste plek 70m hekkies, Bianca
Esterhuizen 1ste plek 1500m stap, Marjoné van der Westhuizen
1ste plek verspring en Shaenré van Breda 2de plek 70m hekkies.
Hulle gaan deelneem aan die S.A. Kampioenskappe op 18 en 19
Maart 2010.
Back to Top
Saint Conrad's NW Swimmers
The following swimmers have been selected to represent the North
West Province at the National Schools Aquatics Championship in
Bloemfontein on the 5th and 6th of March 2010.
Photo Below:
Back:
Sergio dos Santos, Brandon Bennett, Caitlyn Lee, Josh Silent,
Bradley Chan, Sergio Jardim
Front:
Keanu Silent, Karli van der Merwe, Carma Hyawood, Reabetswe
Chabedi
Back to Top
Parkies vaar uitstekend tydens die NW Kampioenskappe
Tydens die Atletiek Noordwes Kampioen-skappe op 5 Maart 2010 op
die Kenneth McArthur Stadion te Potchefstroom is die volgende
behaal:
Shonbenay Nel: 4de plek met die Werpskyf Dogters O/13 met 'n
afstand van 29,97 m en Linda Nel: 1ste plek met Gewigstoot
Dogters O/13 met 'n afstand van 12,44 m asook 'n tweede plek met
Spiesgooi Dogters O/13 met 'n afstand van 32,84m.
Back to Top
Wessies vs Dinamika
Hoërskool Wesvalia se hokkie-, netbal- en rugbyspanne het op
Saterdag 6 Maart in Alberton teen Hoërskool Dinamika in die
eerste wedstryde van die ADT Superreeks deelgeneem.
Die spanne het baie goed gevaar. Die hokkiespanne wen 5 van hul
6 wedstryde. Die eerste span wen 1-0 met Annatjie Schoonwinkel
as speler van die wedstryd. Die tweede span wen 2-0 met Bianca
Fourie as speler van die wedstryd.
Die o/ 16's wen 5-0 met Melissa Lauwrens as speler van die
wedstryd. Die o/ 15 A's wen 3-0 met Johné Malherbe as speler van
die wedstryd. Die o/ 15 B's verloor ongelukkig teen Dinamika se
derde span en die o/14's wen 5-0 met Geneviev Rossouw en Tammy
Nortier as spelers van die wedstryd.
Die rugbyspanne het hul ook goed van hul taak gekwyt. Die eerste
span wen 25-12 met Casper Badenhorst as speler van die wedstryd.
Die tweede span verloor net net met 'n telling van 15-17. Die
derde span wen 22-5 met Ruan Janse van Rensburg as speler van
die wedstryd. Die o/16's wen ook met 'n puntetelling van 15-8
met Reon Buck en Jannie Gouws as speler van die wedstryd. Die
o/15 A's eindig met 'n puntetelling van 8-16 en die o/ 15 B's
5-28 in Dinamika se guns. Die o/14 A's eindig die stryd met 'n
puntetelling van 13-23 met JD Fourie as speler van die wedstryd,
so ook die o/14 B's met 'n puntetelling van 10-19.
Ten spyte van Dinamika se ongelooflike sterk netbal het die
Wessies sterk bly staan en die stryd trots gestry. Die punte lyk
as volg: Tweedespan 21-22 met Nadine Stork as speler van die
wedstryd, Derdespan 4-8 met Anneri Croucamp as speler van die
wedstryd, o/16 A's 11-22 met Cyrette Pretorius as speler van die
wedstryd. Die o/16 B's wen 14-6 met Nadine du Plessis as speler
van die wedstryd, o/15 A's 10-14 met Suné Bronchorst as speler
van die wedstryd, o/15 B's 7-20 met Nadia Cripps as speler van
die wedstryd, o/14 A's wen 17-12 met Marien van der Waldt as
speler van die wedstryd en o/14 B's met 4-12 met Clarise Bouwer
as speler van die wedstryd.
Back to Top
Schoonspruit
Volkswagendag Super Sukses!
Die Volkswagendag wat op 3 Maart op SHS se velde plaasgevind het
was ʼn reuse sukses.
Die eerste spanne van baie verskeie skole het mee -geding vir
die beker aan die einde van die aand in Netbal, Rugby en Hokkie.
Die uitslae is as volg:
Netbal: SHS speel in die finaal teen Afrikaans Hoёr Kroonstad en
SHS verloor 6-8 Die wenners by die netbal was Afrikaans Hoёr
Kroonstad
Rugby: Daar was ʼn beker vir die skool met die mees aanskoulikste
rugby en die wenners was Fochville- hul was gekies deur Luiperd
spellers wat die beoordeling gedoen het daardie aand.
Hokkie: Die hokkie was ʼn naby stryd tussen KHS en St.Conrad`s en
KHS stap weg met die beker van Volkswagen wenners en wen dus
1-0.
Super 16 skop af op ʼn hoё noot!
Schoonies het Saterdag in die eerste super 16 wedstryd gespeel
teen Zeerust en behoorlik skoonskip gemaak.
Rugby:
• SHS 0/14 wen 39-5
• SHS 0/15 wen 27-0
• SHS 0/16 wen 29-3
• SHS 2des wen 36-0
• SHS 1stes wen 18-17
Netbal:
• SHS 0/14 wen 40-3
• SHS 0/15 wen 20-2
• SHS 0/16 wen 29-8
• SHS 2des speel gelykop 10 elk
• SHS 1stes wen 32- 16
Hokkie:
• SHS 0/14 wen 1-0
• SHS 0/15 wen 2-0
• SHS 0/16 wen 2-0
• SHS 2des wen 5-0
SHS 1stes verloor 1-0 |