Pages 1 2 3 4&5 6 7 8 - Click on a Article or Advert Below- to View.....

 

KHS HOKKIE SKITTER!

Drie KHS-hokkie spanne het Saterdag in die Kwartfinaal van die NW kompetisie gespeel en al drie wen!

Die Eerste Span woon Bergsig 7-0, die O/16's wen Brits 3-0 en die O/14's wen Grenswag 2-0,

Die spanne speel Vrydag in die NW semifinaal op Potchefstroom. Die finaal is Saterdag 24 Julie, ook op Potchefstroom.

Back to Top

KHS NETBALSPAN NA NOORDVAAL KAMPIOENSKAPPE

Hoërskool Klerksdorp se O/16-netbalspan verteenwoordig Noordwes op die Noordvaaldag wat op 30 en 31 Julie te Dr. E.G. Jansen plaasvind.

Die span, wat deur mev. Elsabé Burger afgerig word, het ook aan die Noordwes Kampioenskappe deelgeneem en vyf wedstryde gespeel. Hulle eindig algeheel vierde en kwalifiseer aldus vir die Noordvaal-kampioenskappe.

Die vier skole wat Noordwes op daardie dag gaan verteenwoordig, is KHS, Rustenburg Hoër, Volkskool en Wesvalia.
Die spanlede is Minike Reynierse, Suné Senekal, Juan-Marie Rossouw, Kariesa Snyman, Chireé Jacobs, Miré Knox, Nidine van Zyl en Michelle Ferreira.

Back to Top

Saint Conrad's College

Congratulations to Hildah Dikudu from Saint Conrad's College who has been selected by the South African Schools Hockey Association as an u/17 South African High Performance Squad Player.

This is the beginning of the journey to becoming a South African Hockey Player and Hildah will be attending a National High Performance Training Camp, in preperation for the World Junior Cup.

Congratulations to Sergio Jardim who received a gold medal at the South African KWF Karate Championship on 29 May 2010 in Johannesburg.
Based on his outstanding performance he has been selected to represent South Africa in 2011.

The date and venue is to be confirmed. We are very proud of your excellent achievement.

Back to Top

Wessies word NW Landsdieners

Tydens die afgelope provinsiale landsdienskamp wat die afgelope skoolvakansie plaasgevind het is vyf van Hoërskool Wesvalia se leerders verkies om die provinsie aan die einde van die jaar te gaan verteenwoordig.

Stephen Momberg op Nasionale vlak en Alma Roos, Coleen Roos, Jurgens Minnaar en Hendrik Anthonissen op Interprovinsiale vlak vanaf 11 tot 15 Desember.
Die Gr 8 & 9 kamp vind plaas by Konkakampe (net buite Rustenburg) en die Gr 10-12 kamp by Moresterkampterrein (Krugersdorp).

Die Interprovinsiale kamp is by Takwasa (Parys)

Foto: (van links na regs)
Coleen Roos, Alma Roos, Stephen Momberg en Jurgens Minnaar.
Afwesig: Hendrik Anthonissen

 

Back to Top