|
|
|
|
“BLY! Bou Suid-Afrika“ Dit is die woorde wat op die bord naby Lofdal op die N12, wat deur Johan Ferreira en 'n klomp van sy vriende opgesit is, te sien is. Hierdie is nie sommer net woorde nie, in die kort sinnetjie lê daar heelwat voordelige betekenisse vir Klerksdorp en die land. Die bord het sy opkoms te danke aan 'n kuieraksie wat op Ferreira se plaas gehou was. Hy en sy vriende het oor die positiewe en negatiewe eienskappe van die land gepraat en tot die gevolgtrekking gekom dat die positiewe veel meer as die negatiewe is, in teendeel, volgens hulle kan als net tot voordeel vir Suid-Afrika wees. Yourcity het Ferreira besoek om meer uit te vind oor sy siening van Klerksdorp, die land, asook die “Global Investors Conference” wat 22-24 September in Klerksdorp gehou word. Ferreira glo dat die Global Investors Conference net voordele vir Klerksdorp kan inhou en geen nadele nie, aangesien dit die een ding is wat die land bewus gaan maak van Klerksdorp en die potensiaal wat in die stad verskuil word. Verder sê hy dat alhoewel die ekonomie nou af is, hy weet dat dinge weer gaan herstel, net soos dit verbeter het na 1998 toe die land ook in 'n ekonomiese krisis was. Alle geld wat deur die munisipaliteit, Eskom en ander maatskappye nou spandeer word op sypaadjies, herstel van nasionalepaaie en die kragkrisis, gaan wel weer terug geoes word in die land se ekonomie in en is dit nie om geld te mors soos menige negatiewe persone al gesê het nie. Ferreira voel dat elke persoon hulself moet afvra: “Wat kan ek doen om die land se toekoms te verbeter en hoe kan ek betrokke raak”, in plaas daarvan dat almal heeltyd in geveg saamleef. Volgens Ferreira is dit elke persoon se eie persoonlike besluit of hulle die land wil verlaat of nie en kan mens niemand keer om dit wel te doen nie, maar in geen ander land gaan jy dit wat jy in Suid-Afrika voel, beleef op 'n ander plek nie. Jou bloed is Suid-Afrikaans net soos Ellispark Suid-Afrikaans is en in 'n rugbystadion oorsee gaan jy nie dieselfde gevoel en geesdrif kry as op Ellispark nie. Hy sê ook dat Suid-Afrika enige iets net so goed soos enige ander land kan doen. Bv. die 2010 Sokker Wêreld Toernooi. Suid-Afrika kan dit net so goed beplan en uitbeeld soos Beijing gedoen het met die afgelope “Olympics” en “Paralympics” wat daar gehou is. Ferreira woon al 35 jaar in Klerksdorp en die oomblik wat jy sy huis binne tree en die gesigte van F.W. de Klerk en Nelson Mandela, groot, langs mekaar teen sy sitkamer muur sien, weet jy dat hierdie 'n man is wat net die goeie raaksien en sal help waar hy kan om Klerksdorp en Suid-Afrika te bevorder. Hy sê ook dat as dit nie vir hierdie twee landspresidente was nie, Suid-Afrika nie vandag sou gewees het waar dit is nie. Ferreira sê dat die publiek gerus op die uitkyk moet wees vir die volgende bord wat hulle gaan oprig, ook naby Lofdal op die N12, wat gaan lees: “BLY! Bou Matlosana” Name: Eduard Jacobus Bateman (Eddie) Star Sign: God is in beheer van my lewe Birthday: 27 Februarie Occupation: Onderwys - Hoof KHS When I look into the mirror every morning I think: Sjoe, Anita het darem goeie smaak! My favourite people in the world are: My vrou Anita & my drie seuns, Duan, Duart & Dieter. My favourite quote is: Dis nie hoe jy val nie-dis hoe jy opstaan! Kinders__________________________makes me laugh. The greatest lesson life has taught me so far is: Dit wat jy spreek - kry jy! I'll do almost anything for: My gesin en 'n tydjie alleen saam met hulle weg van alles! When I get stressed I am most likely to throw my: My sekretaresse Ha Ha grappie!! my selfoon_________out a window. I want my tombstone to read: Hier lê 'n man wat “groot” spore getrap het.. I wouldn't mind being stuck in an elevator with: Ek hou nie daarvan om dames teleur te stel nie-so ek gaan nie sê nie! (As dit nie Wesvalia se Hoof Dr Steenkamp kan wees nie - dan Salomé Kotze) In three words I am: Maar net mens! If I had a million rand to spare I would: Eiendom koop I live in Klerksdorp because: Die beste skool in die land (KHS) is hier! The first thing I would save from a house fire is: Nie my selfoon nie!! My nickname is: BATMAN I love my job because: Want ek beïnvloed die toekoms…
LIFE AND TIMES WITH COLLIN The Sonflower Emmaus Community is holding a fun walk/run on 20 September. There are two distances to choose from 5km and 10km. The fun walk/run starts from the Portugese Hall following to the Palmietfontein road and starts 8:00 for the 10km and 8:15 for the 5km. Everyone who finishes the walk/run receives a medal. Lucky draws such as cell phone are also up for grabs. The school with the most entries will receive R500.00. Cooldrink, chips and boerewors rolls will also be available for the hungry and thirsty ones. For more details regarding the fun walk/run contact Chris Schalkwyk 082 899 1925 and Karlien Viljoen 078 701 7469. Forum plaas waardegedrewenheid onder die vergrootglas Die Puk Forum het einde verlede week 'n interessante konferensie aangebied waartydens die tema, Noordwes-Universiteit: 'n waardegedrewe universiteit onder die vergrootglas geplaas is. Verskillende menings is bespreek deur die onderskeie sprekers, waaronder dr. Theuns Eloff (naasregs), visekanselier, wat die agtergrond gegee het rakende die redes waarom die NWU 'n waardegedrewe universiteit is en wat daarmee bedoel word. Prof. Francois Venter (regs), dekaan van die fakulteit regte, het die NWU-waardeprojek krities beoordeel terwyl mnr. Etsko Schuitema (links), 'n onafhanklike konsultant, die kwessie van waardegedrewenheid in organisasies bespreek het. By hulle is prof. Jan Swanepoel, dekaan van die fakulteit lettere en wysbegeerte, wat vanjaar verantwoordelik was vir dié konferensie. Die geleentheid word jaarliks gehou ter herdenking van die selfstandigwording van die ou PU vir CHO op 17 Maart 1951. Council for Scientific and Industrial Research (CSIR) senior researcher Patricia Forbes said their institution had embarked on several projects across the country to analyse pollution and to develop ways to mitigate its effects. Among the projects is the development of an intelligent traffic sensor network, which would provide information on the effects of traffic interventions, such as the Gautrain or traffic-free days, on air quality. "Various interventions are possible for each potential source of pollution, from improved vehicle maintenance to the use of the Basa Magogo method for fire generation in non-electrified areas," she said. The Basa Magogo is a project that trains users of coal burning stoves to pack the coal more efficiently in a brazier. Research has shown that this can reduce the number of upper respiratory tract problems for the local population, a household could save as much as 140kg of coal per year, toxic emissions are removed during cooking while household income increases because expenditure on coal reduces significantly. University of Pretoria pollution expert Dr Gerrit Kornelius said the reduction of smoke from domestic fires would be the best way to reduce pollution and improve the health of city residents. "Traffic measures in certain areas are probably second, but this would to some extent be dictated by national policy on fuel quality and the fitting of catalytic converters," he said. – iol Jongboere kan nie dié dag misloop nie Dit is belangrik dat die jongboere in Suid-Afrika gemotiveerd bly, ten spyte van die uitdagings in die landbou-omgewing wat hulle in die gesig staar. Dit is hoekom die Senwes Jongboer Toekomsfokusdag op 18 September vir jongboere die geleentheid bied om strategiese oplossings vir hul boerdery te vind. Vanjaar is die vyfde jaar wat die dag aangebied word deur Senwes, in samewerking met die jongboerverenigings van Agri NW en Vrystaat Landbou, sowel as Graan SA en OFM (mediavennoot). Een van die top politiese ontleders in die land, Harald Pakendorf, wat interessante en vermaaklike voorleggings rakende die huidige en toekomstige politieke scenario's in Suid-Afrika lewer, sal as spreker optree. Diegene wat op hoogte wil wees met die tendense wat tans in die internasionale trekkermark waargeneem word, moet nie die aanbieding van Mel McGlinchey, die Besturende Direkteur van John Deere in Suid-Afrika, misloop nie. Ander sprekers waarna jongboere ook kan uitsien, is prof Johan Willemse 'n landbou-ekonoom en bekende in landboukringe asook Shelby Tyne, wat die dryfveer agter Biogas Power is. Jongboere sal ook die kans kry om na John Deere- demonstrasies op die landerye te kyk, asook 'n demonstrasie van Senwes Mobi. “Ons wil die jongboere bemagtig met kennis, wat hulle sal help in hul boerdery,” het Hentie Bothma (voorsitter: Vrystaat Landbou jongboervereniging) oor die Senwes Jongboer Toekomsfokusdag gesê. Gawie Bothma (voorsitter: Agri NW jongboervereniging) meen die dag sal die denkwyse van baie jongboere verbreed ten opsigte van die situasie wat tans in die land heers. “Ons wil die jongboere help om die toekoms van landbou beter te verstaan, met die klem op presisieboerdery.” Moenie dié insiggewende dag, wat op Nampo Park naby Bothaville plaasvind, misloop nie. Bespreek nou jou kaartjie by Marlize Fritz van Agri NW of Willa Green van Vrystaat Landbou. Kontak Marlize by (018) 632-3612 of e-pos marlize@agrinw.co.za, Willa by (051) 444-4609 of e-pos willa@vslandbou.co.za. Kaartjies beloop R50 per persoon en sluit middagete in. Alle opbrengste van die dag is ten bate van Agri NW en Vrystaat Landbou se jongboerverenigings. Die verrigtinge sal om 08:30 begin. The City of Matlosana recently had the “Know your own City” campaign, coordinated by the Economic Growth Directorate, Tourism Office. This was a full day tour around Matlosana for tourism learners and the following schools participated: Milner High School, Hoërskool Klerksdorp, New Vision High school, Pinnacle Combined school, Vuyani Mawethu Secondary school, Hoërskool Wesvalia, Matlosana High school, Borakanelo High school. The purpose of this campaign was: To create awareness on tourism within the area To instill a culture of becoming tourists / ambassadors within the communities To create / make indigenous people have pride in their heritage and appreciate their attractions To create awareness on investing in attractions within the area and becoming entrepreneurs. The itinerary consisted of the following attractions: Bosworth Farm where rock engravings that dates back to the 8th century can be seen. There are over 200 rock engravings that can be found of which are the first artwork created by San people and it is thought that this part of the world is here modern man first evolved. Klerksdorp Museum this was the prison that started operating in 1891 up until 1973. It was since transformed into a museum, where children can see how life was in prison during the apartheid era. Some of the cells have been preserved to its original condition. Goudkoppie Heritage Hill eminence of late stone age from 27 thousand million years ago. It is an old mining shaft dating back to the 18th century where rock inscriptions of Anglo Boar War British regiment that tells a story of war waged. Mfana Majova Freedom Square in Khuma where the fallen hero who died in exile. Casey Sindi Freedom Square in Jouberton also a fallen hero who died in exile. Archbishop Desmond Tutu Birth Site in Neserhof formerly known as Makweteng where the location was before people were relocated in Jouberton. This campaign was very successful as it was the first of its kind in Matlosana and City Council hope that it will be even much better in years to come. They would like to thank all the schools that participated in this campaign and mostly the educators that came to support the learners. Unieke Boereoorlogmusiekblyspel begin nou! Prof. Danie Goosen van die FAK (middel) en Sakkie Kotze van die ATKV (regs) was van die genooide gaste by die eerste produksie van "Ons vir Jou" - die eerste Boereoorlogmusiekblyspel in die geskiedenis van Suid-Afrikaanse teater wat van 12 September tot 12 Oktober in die Staatsteater Pretoria op die planke te siene is. Op die foto staan hulle by Deon Opperman (links) bekroonde Hertzogpryswenner, wat "Ons vir jou" in samewerking met Sean Else (van Edenfaam) geskryf het. Johan Vorster het splinternuwe liedjies vir die produksie geskryf en gekomponeer maar sy "Ons vir jou Suid-Afrika", "Vergeet my nie" en "De la Rey" is op meesterlike wyse afgestof en ook in die produksie ingesluit. Beide kultuurleiers het hul opregte dank en waardering teenoor Opperman, Else en Vorster uitgespreek vir 'n uiters geslaagde produksie met puik akteurs en sangers sowel as 'n baie effektiewe en fyn beplande teks, innoverende lied en dekor - daarom het hulle ook aan die einde so lank staande toejuiging van die gehoor ontvang. "Ons vir jou" is 'n unieke kombinasie van drama, blyspel, tragedie, geloof in God, vaderlandsang en musiek. Rouel Beukes, internasionale sanger en akteur, speel die rol van genl. Koos de la Rey. Hy het al 800 oorsese optredes van "Phanton of the Opera" agter die blad en het akteursrolle in 7e Laan en Villa Rosa vertolk. Hy is ook 'n jarelange lid en mentor van ATKV Centurion Sangersforum. Ander akteurs sluit o.a. in Paul Luckoff as Paul Kruger, Neels Coetzer as Siener van Rensburg, en Paul Buckby as Lord Methuen. Jy moet dit gaan sien en hoor. Kaartjies by Computicket, Checkers en Shoprite. Klerksdorp Lion's & Hospice raise funds. In today's financial climate it takes hard word and very motivated groups of people to raise funds for worthy causes. The Klerksdorp Lion's hosted an Art Exhibition on Friday in aid of Hospice, and even though the Art was exceptional it was a pity the evening lacked a few more of our local art enthusiasts. It is however, never to late to make a donation and in the event anyone would like to contribute items of food, clothing or anything else to Hospice, please contact Joan de Jong or the staff at Hospice on 018 4623916 throughout the year. Photo from left to right: Carl Wentzel, Liane van der Merwe, Sanet Wentzel, Mecé Olivier, Roland Fletcher, Riana Papé, Jean van der Merwe (Klerksdorp Lion's President), Joan de Jong, Peter de Jong, Ann Allison, Inge Olivier. Bekroonde sakevrou nou buitengewone professor 'n Bekende en bekroonde in bemarkingskringe is pas as buitengewone professor by die skool vir kommunikasiestudies aangestel. Prof. Elain Vlok, bestuurder van korporatiewe dienste by Clover, is ook 'n oud-Puk wat van 1976 tot 1988 'n dosent op dié kampus was. Vlok sal van tyd tot tyd gaslesings vir studente in ontwikkelings- en korporatiewe kommunikasie gee. Sy word ook daarvan “beskuldig” dat sy grade as nóg 'n stokperdjie inryg. Sy het aanvanklik haar studies aan die Puk met 'n BSc huishoudkunde begin en onder meer 'n graad in biblioteekkunde, honneurs in Zoeloe en kommunikasiekunde, 'n meestersgraad in Zoeloe en sosiologie (berading) en 'n doktorsgraad in kommunikasiekunde behaal. Sy het ná haar dae as dosent vir vyf jaar by Trust Bank as reklamebestuurder gewerk en is al die afgelope vyftien jaar by Clover. Vlok het in dié tyd verskeie toekennings op 'n verskeidenheid forums vir haar projek, Mama Afrika, ontvang. Daarby kan dié knap vrou ook spog met agt resepteboeke op haar kerfstok. Vlok lewer veral motiveringstoesprake en geniet dit om mense op te lei en te motiveer. Die direkteur van die skool vir kommunikasiestudies, prof. Paul Schutte, sê hulle is verheug dat sy haar praktykgerigte kundigheid nou op 'n vaste grondslag met die dosente sowel as die voorgraadse en nagraadse studente kan deel met lesings en studiebegeleiding. FOTO: Proff. Paul Schutte, Elain Vlok (met die trofee wat sy geskenk het vir die beste presteerder of projek in sosiale verantwoordelikheid) en dr. Lynette Fourie, vakvoorsitter van kommunikasiestudies. NWU-Puk spog met goeie oes M's en D's Die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit gaan die nuwe seisoen in met 'n goeie oes meesters- en doktorsgrade wat vandeesweek tydens die Lentegradeplegtigheid toegeken word. Sowat 120 nagraadse studente wat hul M-grade suksesvol voltooi het, se grade word Donderdag oorhandig terwyl die doktorsgradeplegtigheid Vrydag aan die beurt is. Tydens dié geleentheid word altesame dertig doktorsgrade toegeken. 'n Derde van die doktorandi is personeellede van die NWU-Puk. Hulle is drs. Ronél van Oort (Afrikaans en Nederlands), Olivier Wittesaële (Engels), Karin Conradie (omgewingswetenskappe), Juaneé Pekelharing (stads- en streekbeplanning), Christo Venter (ruimtefisika), Paul Els (onderwysbestuur), Adrey Klopper (leer en onderrig), Christine de Meyer (bemarkingsbestuur), Marius Brits (farmasie) en Namukolo Covic (voeding). Voorts is ses van die doktorandi nagraadse studente uit die buiteland. Onder hulle is drs. Willem Hermanus Steyn (musiek) wat sedert verlede jaar in Londen bly waar hy vryskutorrelis en musiekpedagoog is, Petria Theron (pastorale studies) wat verbonde is aan die Teologiese Skool van die Igreja Reformada em Moçambique as akademiese direkteur wat verantwoordelik is vir die opleiding van predikante se vroue en Benno Zuiddam (Grieks) 'n predikant van Tasmanië (Australië). Die fakulteit gesondheidswetenskappe spog met 'n totaal van sewe met die meeste D's met die fakulteit lettere en wysbegeerte kort op hul hakke met 'n totaal van ses. Die ander fakulteite se getalle is as volg: natuurwetenskappe (4), teologie (4), opvoedingswetenskappe (3), ekonomiese en bestuurswetenskappe (4) en ingenieurswese (2). ● Tydens die fakulteite se diploma- en gradeplegtighede vandeesweek word meer as driehonderd suksesvolle studente vir hulle harde werk beloon. Aanstaande week word meer as eenduisend honneursgrade, grade, diplomas en gevorderde onderwyssertifikate deur die fakulteit opvoedingswetenskappe toegeken. Municipalities prepare for Excellence Awards Municipalities in the North West Province have until Tuesday 16 September 2008 to enter for the Provincial Vuna Awards which will be held next month. The Vuna (nguni word for reaping) awards which have been running since 2003 were introduced by the Department of Provincial and Local Government (DPLG), Development Bank of Southern Africa (DBSA), the National Productivity Institute (NPI) and the South African Local Government Association (SALGA) to reward municipalities for delivering excellent services to their communities. Municipalities will be judged on the following key performance areas: • Good Governance • Service Delivery • Financial Viability • Local Economic Development and •Institutional Transformation/ Organisational Development The Provincial Awards ceremony will be held on Friday 24 October 2008 at Mmabatho Convention Centre. The overall winner will participate in the national awards to be held later in the year. Laerskool Goudkop se o/7's en 0/8's het op 13 September die vriendskaplikke oefendag wat deur Bailiepark in Potchefstroom aangebied is bygewoon. Goudzilla was daar om hulle deur die harde oefeninge by te staan en seker te maak almal geniet die dag. Vier van L/S Saamtrek se leerders het deurgedring na die Nasionale kompetisie van die Senwes Wetenskap Expo wat op 3-4 Oktober plaasvind. Die 4 leerders met die onderwerp van hul projekte is: Jhelize Vos - Hand hygiene - Goud Alyson van Niekerk - Hand hygiene - Goud Alice Niemand - ‘n Slegte tand storie - Goud Marika Kok - ‘n Slegte tand storie – Goud SUPER REKORD VIR SUPER KHS KRIEKETSPAN! 'n Hele 489 lopies in 50 boulbeurte - dit is KHS se O/15 krieketspan se rekord Saterdag 13 September teen Potch Boys High in die Super Ses reeks. Albei KHS se spanne, die O/15's en die Eerste Span, is tot tot dusver onoorwonne in die reeks, waar KHS die enigste Klerksdorpse skool is wat deurgaan om skole soos Waterkloof en Menlopark aan te vat. Na die 50 boulbeurte en 489 lopies was net 7 van KHS se paaltjies plat en kon hulle hul opponente vir slegs 70 uitboul. KHS wen dus met 419 lopies. Die beste kolwers in die wedstryd was Ryno Pienaar wat 138 lopies geslaan het, Herman Smith (97), Marcus Fourie (56) en Theuns Bruce-Smith (47). Adriaan J van Rensburg boul 4 kolwers uit vir 12 in 4 beurte en Francois Venter neem 2 paaltjies vir 19 in 6. Die Eerste Span wen eweneens hul wedstryd - met 183 lopies nadat hulle 262 lopies aangeteken het en Boys High vir 79 uitgeboul het. Die beste kolwers was Dirk van Staden (50 n.u.n.) en C J Ferreira (46). Die bouler Jan Bosman Brink was egter die span se ster toe hy 7 kolwers uitgehaal het vir slegs 12 lopies! Albei KHS se spanne is sirkelwenners en het in die sirkel 201 uit 'n moontlike 20 punte behaal deur sowel Volkies, Gimmies, Wesvalia as Boys High te Klop en telkens 'n bonuspunt aan te teken. |
| |||||||||
|
|
|||||||||||
|
►Spur ►Hugo
|
|||||||||||
|
|
|||||||||||
|
|||||||||||
We hope you have enjoyed receiving this
message. However, if you would rather not receive future e-mails of this sort
from Yourcity.co.za, please visit the
Unsubscribe Page.
This information is copyrighted and property of
Yourcity.co.za